Ilse Hancke

Assistent Rekenmeester

Werksondervinding: In 1990 matrikuleer Ilse aan Hoërskool Montana. Sy begin haar studies by Stellenbosch Kollege en verwerf die Nasionale Sekretariële Sertifikaat in Rekenaar- en Regspraktyk, asook die Nasionale Handelsertifikaat in Bemarkingsbestuur. Haar loopbaan begin in 1994 as Sekretaresse by die Instituut vir Geografiese Analise by die Universiteit van Stellenbosch. In 1999 verskuif sy na Clovelly Farm op De Doorns waar sy administratiewe pligte verrig en as Boekhouer gewerk het. In 2008 word sy deel van Hermitage se span.