Yolande

YOLANDÉ CONRADIE

Assistent vir Anél: Korttermynversekering

Werksondervinding: Yolandé matrikuleer in 2001 aan die Hoërskool Reitz, waarna sy aan Bethlehem Kollege haar Administratiewe Assistent-sertifikate vir N4, N5 en N6 verwerf. Gedurende haar studies begin sy werk as Administratiewe Assistent en Verkoopsdame in die kleinhandelbedryf. In 2005 bekom sy ‘n betrekking as Administratiewe Assistent by Kaap Agri Makelaars in Worcester en Robertson en in 2008 sluit sy by Hermitage aan.