WELKOM

By Hermitage Advies Groep

Op 1 Mei 1996 is Hermitage Advies Groep, ‘n goedgekeurde Finansiële Diensteverskaffer, gestig. Hermitage se aanvanklike teikenmark was die boeregemeenskap in die Boland area. Vandag strek ons kliëntebasis regoor Suid-Afrika.

As goedgekeurde finansiële diensteverskaffer streef Hermitage Advies Groep  daarna om produkte van uitsonderlike gehalte aan ons kliënte beskikbaar te stel. Ons wye ondervinding in en kennis van versekering stel ons in staat om ons kliënte van die beste moontlike advies rakende finansiële beplanning en korttermynversekering te voorsien.

Ons poog verder om uitsonderlike voor- en naverkoopdiens aan ons kliënte te lewer. Hierdie diens sluit ‘n ondersteunende administratiewe funksie in wat die akkurate en effektiewe uitvoering van poliswysigings, eise en navrae tot gevolg het. Ons bemagtig ons personeelkorps deur hulle met uitstekende produkopleiding rakende al die nuutste en relevante besigheidskennis toe te rus. Sodoende verseker ons dat ons deurlopend funksioneer as 'n uitstekende besigheidseenheid – iets wat beslis bydra tot volkome gemoedsrus vir u toekoms. 

Hermitage Advies Groep

Korttermynversekering

Ons Korttermynversekering sluit die volgende in:

 

• Boere

• Wynkelders

• Vervoerkontrakteurs

• Professionele aanspreeklikheid

• Persoonlike lyne

• Kontrakteurs Alle Risiko

• Marine (skeeps) versekering

• Besigheidsversekering

Beleggings

Ons voorsien buigsame beleggings vir individue, trusts of maatskappye wat in kollektiewe beleggingsfondse en aandele wil belê. Ons spesialis fondsbestuurders kyk na u beleggingsdoelwitte, sowel as u beleggingshorison en doen ook ’n deeglike ontleding van u risikoprofiel.

 

Alle fondse word op ’n deurlopende basis gemonitor om te verseker dat u die beste opbrengste op u belegging ontvang.

 

Ons werk met ’n wye spektrum groot handelsnaam produkverskaffers met puik reputasies en administratiewe dienste. Hiermee saam bied ons kundige advies en relevante riglyne om u behulpsaam te wees in u keuse van die beste opsie volgens u behoeftes.

Lewensversekering (Inkomste beskerming, Kritieke siekte, Ongeskiktheid)

Wat sal gebeur indien u sterf? Deur lewensversekering uit te neem, kan u gemoedsrus verkry dat u geliefdes se finansiële toekoms beskerm is.

 

Hierdie dekking bied die versekering dat u geliefdes vrygestel sal word van enige skulde, aangesien die enkelbedrag uitbetaling gebruik kan word om alle skulde af te los.

 

Beskerm uself teen Gevreesde siektes deur Gevreesde Siektedekking uit te neem. Hierdie tipe dekking bied finansiële steun wat u in staat sal stel om ’n langer hersteltydperk te kan bekostig en gepaardgaande ekstra uitgawes te dek. Praat vandag nog met een van ons finansiële adviseurs oor ’n opsie wat u sal pas.

Aftreevoorsiening en -beplanning

Onlangse statistieke het bewys dat mense se lewensverwagting hoër is as in die verlede, wat daartoe lei dat wanneer u aftree, u fondse ook langer moet hou. Ons kundige spesialis fondsbestuurders kan u help om voorsiening te maak vir u oudag en sodoende aan u gemoedsrus bied dat u die aftrede waaroor u nog altyd gedroom het, sal kan geniet.

Boedelbeplanning

Ons hoofdoel met boedelbeplanning is die reël, bestuur, beveiliging en rangskikking van u boedelbates. Op hierdie manier verseker ons dat u geakkumuleerde rykdom tot u voordeel aangewend word en die maksimum voorsiening vir u afhanklikes tref by u afsterwe.

 

Ons verstaan dat elke persoon se boedel uniek is en daarom word die struktuur volgens u unieke behoeftes en doelwitte opgestel.

Effektetrusts

Hermitage beskik oor spesialiskennis van ’n omvattende reeks beleggingskeuses wat spesifiek daarop ingestel is om die unieke finansiële doelwitte van ons kliënte te bereik. Deur die beleggingsbehoeftes van ons kliënte te verstaan, verseker ons professionele Portefeulje-bestuurders dat ons kliënte die voordeel geniet van markleiers op die gebied van navorsing en portefeuljekonstruksie.

 

Om ons beloftes te hou en die vertroue wat kliënte in ons plaas, te regverdig, is die fokuspunt van ons beleggingsbestuurfilosofie. Om hierdie rede word ons kliënte se portefeuljes voortdurend gemonitor, sodat ons oormatige blootstelling aan enige risiko kan vermy, terwyl ons terselfdertyd daarna strewe om u beleggingsdoelwitte te bereik.

 

Ons is ’n onafhanklike adviesgroep, wat ons in staat stel om met die beste batebestuurders te onderhandel en die beste beleggingsplatforms en beleggingsoplossings te selekteer ten einde ’n effektiewe diens aan ons kliënte te lewer.

Vitality & Multiply

Sluit vandag aan by Vitality en geniet die voordele van 'n gesonder lewenstyl.

Voordele van die Vitality Health and Wellness Program sluit in:

• Ontvang afslag by ons kleinhandelvennote.

• Word aktief en spaar op u lewensversekeringpremies

• Verkry meer keuses met Vitality Travel

• Geniet 'n fliek met afslagtariewe

• Ontvang afslag met DiscoveryCard

 

Die voordele van die Multiply Wellness and Rewards Program sluit in:

• Tot en met 60% afslag op u Myriad polisse

• Tot en met R5400 terug op mediese fonds

• Tot en met 20% terug op u korttermynversekeringspremies

• Afslag by ons geselekteerde vennote vir:

- Kleinhandel aankope

- Lewenstyl aankope

- Fiksheid

- Reis en vermaak

Sorgvrye Reisversekering

Wil u buite die land se grense reis? Neem addisionele mediese dekking uit en reis met ‘n geruste hart. Geniet mediese dekking van tot R100 miljoen (top plan) in geval van die volgende gebeure:

• Dood en permanente gestremdheid

• Kansellasie of uitstel van u reis

• Diefstal, verlies of vertraging van bagasie

• Reisvertraging (vlugte)

• Ontvoering

• Natuurlike rampe (betaal verblyfonkoste)

Medies

Hermitage Health is in 2004 gestig. Ons help kliënte op 'n daagliks basis in hul keuse van mediese fondse wat aan hulle unieke behoeftes voldoen. Ons hanteer ook mediese fondsnavrae en bied ondersteuning met Gap Cover dekking.

 

Ons personeel is spesialiste in hul veld en uitstekend opgelei om na ons kliënte se mediese behoeftes om te sien.

OnePlan Troeteldier Versekering

Bekostigbare mediese versekering vir u troeteldier.
OnePlan Troeteldier Versekering is ‘n versekeringspolis wat die uitgawes aangaande u troeteldier se gesondheid dek.
U geliefde troeteldiere word onder andere gedek vir:

• Veearts besoeke

• Ongeluk en siekte verwante gebeure

• Bloedtoetse

• X-trale en vele meer

KONTAK ONS

Hermitage Advies Groep (Edms.) Bpk. 1999/008362/07 | FDV 12645

Hermitage Health (Edms.) Bpk. 2004/028521/07 | FDV 22983

Riebeeckstraat 33, Worcester. 6850

Posbus 961, Worcester. 6849

Tel: +27 (0)23 348 8888

Faks: +27 (0)23 342 6600

GPS Koördinate: S 33° 38.434" | E 27° 27.054"