Tania-Suter

Tania Suter

Finansiële Adviseur

Werksondervinding: Tania matrikuleer in 1989 aan Hugenote Hoërskool, Wellington. Sy begin haar loopbaan in 1992 as ’n persoonlike assistent by AFAS (Pty) Ltd. In 1994 word sy bevorder tot Sleutel Rekening Bestuurder vir groepvoordele skemas. Tania verhuis na Port Elizabeth in 1997 waar sy by South City Brokers (Pty) Ltd aansluit as pensioenfonds administrateur. In 1999 stig Tania die mediese afdeling by South City Brokers (Pty) Ltd en is sy ook in 2000 verantwoordelik vir die opening van die tak in Johannesburg. In 2003 sluit sy by Momentum aan as ’n Makelaars Konsultant en in 2013 aanvaar sy ’n pos by Discovery as ’n Besigheidskonsultant. Sy sluit by Hermitage aan in 2016.