Rudi

RUDI GELDENHUYS

Finansiële Beplanner

Werksondervinding: Rudi matrikuleer in 1991 aan die Hoërskool Hottentots- Holland. Hy verwerf sy B. Econ. Graad aan die Universiteit van Stellenbosch. In 2013 verwerf hy ’n nagraadse diploma in Gevorderde Belasting (H. Dip. Tax) en voltooi hy ook ’n kursus in die Administrasie van Boedels aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). In 2011 voltooi hy sy nagraadse diploma in Finansiële Beplanning aan die Universiteit van die Vrystaat. Rudi beskik ook oor die CFP® (Gesertifiseerde Finansiële Beplanner) titel. Hy is reeds sedert 2011 ’n lid van die Finansiële Beplanningsinstituut.

Rudi het sy loopbaan as Finansiële Beplanner het in 2008 by ’n privaat praktyk op Worcester begin. Na kort draai by FNB Versekeringsmakelaars sluit hy hom in April 2014 by Hermitage Advies Groep aan. Hy is passievol oor holistiese finansiële beplanning en spesialiseer in Beleggings- en Boedel Beplanning.