ONS SPAN

Louis Groenewald
Besturende Direkteur/Finansiële Adviseur: Lewens, Beleggings & Korttermynversekering
Werksondervinding: Louis matrikuleer in 1988 aan Worcester Hoërskool en verwerf sy B.Econ-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1993 begin hy as Eiseklerk by Santam en voltooi sy ACII-diploma gedurende hierdie tyd. Hy word bevorder tot Eisehoof en in 1996 vestig hy Hermitage Makelaars.

Anél du Toit
Direkteur/Finansiële Adviseur: Korttermynversekering
Werksondervinding: Anél matrikuleer aan Worcester Hoërskool waarna sy in 1982 haar loopbaan by Santam begin. In 1993 sluit sy aan by Du Toit, Esterhuyse & Van Lill as Finansiële Adviseur, waar sy hul Korttermyn Afdeling bestuur. Gedurende hierdie tyd voltooi sy haar diploma in Rekenaarpraktyk aan Worcester Kollege. Sy sluit in 1997 by Hermitage aan.
MEDIES
Admin Personeel