karin

KARIN ENGELBRECHT

Assistent vir Louis: Lewensversekering & Beleggings

Werksondervinding: Karin matrikuleer in 1978 aan die Hoër Handelskool op Worcester. Sy beklee ‘n pos as sekretaresse van die Kantoorbestuurder by Sanlam Worcester en word daarna bevorder tot Konsultant Assistent by Sanlam Makelaarsdienste. In 2001 aanvaar sy ‘n posisie as Konsultant vir Discovery Life in die Boland area en in 2003 bekom Hermitage haar dienste.