elsabe

ELSABÉ DU RANDT

Assistent vir Ferdie: Korttermynversekering

Werksondervinding: Elsabé voltooi haar skoolloopbaan in 1980 aan die Hoër Handelskool op Worcester. In dieselfde jaar begin sy as Administratiewe Klerk werk by Fedpro (Edms.) Bpk. In 1986 begin sy by Volkskas Makelaars werk en twee jaar later verskuif haar werkplek na General Accident Versekering. Daarna was sy werksaam by Sanlam Lewens Makelaars en Santam. In 1999 aanvaar sy ‘n betrekking by ABSA Makelaars op Worcester, maar na twee jaar is Hermitage se aanbod te aanloklik.