belinda

BELINDA ROUSSEAU

Eise Afdeling Korttermynversekering

Werksondervinding: Belinda matrikuleer in 1976 aan President Hoërskool in Vrijzee. Sy begin haar werkloopbaan by die Ontvanger van Inkomste in Kaapstad in 1976. Hierna aanvaar sy ‘n betrekking by Sanlam Hoofkantoor in Bellville. Intussen verhuis sy na Worcester waar sy by Volkskas Bank en daarna by Santam Versekeraars werk. Daarna beklee sy ‘n pos by Janie Gouws Makelaars, verskuif na Mutual en Federal, en in 2006 aanvaar sy ‘n pos by Hermitage.